ja.fm is ‘n spiksplinternuwe aanlyn radiostasie van dieselfde outjies wat Jacaranda FM run, maar wat ‘n alternatiewe vermaaklikheidsopsie bied aan getroue Afrikaanse fans, beide plaaslik, of gescatter regoor die wêreld. Hier gooi ons al die reëls by die venster uit. Hier gee ons luisteraars die sê. Dis reg… jy kies wat speel! Jy like? Jy luister. Ons gebruik unieke nuwe tegnologie met die naam Listener Driven Radio wat jou in beheer van sake plaas. Jy’s basies die musiekbestuurder. Sonder betaling natuurlik. Sorrie.

Stem vir die song wat jy volgende wil hoor op die hoof kiesskerm op ons Tuisblad, of die kleiner een op die res van die webwerf.

As jy ja.fm van enige ander plek af wil beheer, kopieer die “embedded code” (Vyftig randjies vir die eerste mater wat kan help met lekker vertaling vir “embedded code”) en plak hom op jou eie website of blog. Maar as jy actually net eerder wil terugsit en net luister na gatskop Afrikaanse musiek, Tune Hom harder en laat ander die speellys dikteer.

Jy kan na soveel musiek luister as wat jy wil op ja.fm sonder om enige plek enigiets in te vul. GRATIS! Heeltemaal verniet! Maar as jy wil deelneem aan die lewendige boodskapmure, of die kans wil staan om iets te wen in enige van ons kompetisies of jou merk wil laat op ons blogs, sal ons graag so bietjie meer van jou wil weet. Ons soek nie jou hele pedigree nie – net genoeg om te weet wie wat smaak en sodat ons ja.fm nog beter maak vir jou. En hoe meer ons aan adverteerders kan wys wie almal ja.fm vrinne is, hoe meer kan ons kwaai pryse opline. Met al jou terugvoer, kan ons ook met die verloop van tyd nog cooler goed bylas by ja.fm.

En chill maar – ons gaan nie jou besonderhede aan begrafnisondernemers of gym-kontraksmouse verkoop nie – dis net vir ons eie rekords! Sweer…

Ons is ook baie bevoorreg om die ondersteuning te he van ‘n hele kaboedel Afrikaanse musieksterre wat ons ook pointers gegee het oor hoe om dinge selfs beter te maak. Voeg jou stem by hulle s’n en kom ons bou iets wat meer as net ‘n tuiste gaan wees vir kwaliteit SA musiek… ‘n plek waar ons gemeenskap hul kultuur kan geniet en uitleef.

Hou dit skoon, hou dit eg en tune hom! Ja.fm!

Ja.fm is a new type of online radio station provided by Jacaranda FM to offer an alternative entertainment option to our core Afrikaans listeners, and Afrikaans music lovers generally across the World.

Being online we can do here what we can’t on our main Jacaranda FM signal – throw out the rule books and give our listeners a choice of songs for EVERY song that we schedule. We’ve put in some unique technology called Listener Driven Radio that puts the control in your hands.

Vote for which song you’d like to hear next on our main selection screen on our Home Page, or the mini one on the rest of the site. If you want to control ja.fm from elsewhere simply copy the embed code and put it on your own site or blog! Or if you’re more of a follower, just turn up the tunes and let everyone else decide what’s best for you.

We’re lucky enough to have the support and input of a number of major Afrikaans music stars. Add your input to theirs and lets build something here that is more than a home to quality South African music – lets make it the place where a community celebrates its art and aspirations.

Keep it clean, keep it real, and tune hom

13 Reaksies op Wie is ons

  1. Marius Swart says:

    Ons wil graag die volgende advertensie in een of ander “kleintijies” program uitsaai. Dit is slegs een woonstel en gewone kommersiele advertensie is dus nie bekostigbaar nie. Kan u asseblief laat weet wat se opsies en kostes beskikbaar is. Waarskynlik vir kontrei nuus of soortgelyke programme.

    Hier is ‘n tuiste weg van jou huis in Pretoria. Modern, ruim en netjies.

    Benodig jy naweek of week lange verblyf in Pretoria vir sake, ‘n konferensie, kursus of mediese dienste, of het u familie wat uit die buiteland terugkeer vir ‘n aantal weke? Kom saal af by ons selfsorg woonstel te Waverley, teen die hang van die Magaliesberg. Maklike toegang, naby feitlik alle denkbare geriewe en meer as 15 Restaurante en wegneem ete verskaffers.

    Spesiale Junie aanbod – Betaal vir twee dae midweek en kry twee dae gratis, of betaal slegs vir die eerste dag op ‘n naweek. Kom gesels met ons vir langer verblyf.

    Skakel Leonie 083 290 6101

  2. Karina Laliberte
    says:

    Bonjour vanuit n franse dorpie Ste-Therese in Quebec , Canada !!! My hart trek n punt huistoe na SA en my geliefdes !!! So wonderlik om my taal te hoor en te weet jul ouens is daar !!! Asb laat weet of ek van enige hulp kan wees vanaf die kant van aardbol !!! Salute Karina xxx

  3. angelstar says:

    Hoekom het julle niks musiek van Priscilla Smith nie?!?!?!

  4. Yolandi Swanepoel says:

    HOEKOM SPEEL JULLE NIKS BOBBY VAN JAASVELD VANDAG NIE??? 11/01/2013

  5. Hi daar, wat ‘n ongelooflike verrasing toe ek die telefoonoproep vandag ontvang om te sê ek het die kompetisie met Joe Niemand se CD’s gewen – net een woord AWESOME !!! Alle prys aan God onse Here ……

    Nogmals dankie vanaf ‘n nat MARGATE – en toe kom ons ook op die “map” !
    Groete
    Valerie Ungerer

  6. SUZET PIENAAR says:

    Middag,

    hoe gaan ek te werk dat jul na ‘n jong sanger se 1ste self geskryfde liedjie kan luister en moontlik sal mens dit op radio kan hoor.

    Dankie

  7. Hendrik Du Tioit says:

    Dit is n piuik idee, ek luister dag en nag na jafm hier in botswana goeie werk brijant, hou dit so

  8. Hendrik Du Tioit says:

    Speel bietjie BZN

  9. Riri says:

    Hi julle baie dankie vir al jul harde werk. Julle is great!!!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Wat laat jou 'n tydskrif koop?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter