Die storie agter die liedjie: Wonder bo Wonder
Gepos op June 14th, 2011 deur Ja_Broer

Soos jy teen hierdie tyd behoort te weet, hou ons paartie op die 24ste Junie. Dis die ja.fm launch konsert in Joburg met Die Heuwels Fantasties en Coenie de Villiers wat gaan optree om die diversiteit van Afrikaanse musiek te vier. Ons het besluit om Hunter van Heuwels en Coenie uit te vra oor die storie agter die awesome liedjie “Wonder bo Wonder” op die Heuwels Fantasties se nuwe CD “Wilder as die Wildtuin.” 

Coenie:

Ek is ‘n groot aanhanger van Die Heuwels Fantasties, en een van die lekkerste dinge vir my is om Tambotieboom in my gigs van tyd tot tyd te speel – hulle’t my hoeka destyds toestemming gegee. Pierre en Hunter was een aand in die Kwela-ateljee, en ek dink ons is tot vandag toe effe verward wie’t vir wie gevra of ons kan collaborate. Nietemin, iemand het iemand gevra en ons het saamgestem dat dit kan lekker wees. Daarna het Pierre en Hunter vir my die ongelooflike koor (a capella!) en lirieke vir die koor van ”Wonder bo Wonder” gestuur, en gesê ek moet laat waai en ‘n paar verse en liriek óm die koor skryf om die song te voltooi. Ek het, en hulle’t gedink dis nie te kroes nie. Daarna het DHF die Solms Delta koor via Adriaan Brand bygeroer, en die hele song bymekaar gesit in die ateljee. Johnny en Fred is towenaars! Die hele ervaring was vir my gewoonweg great, en om by die vrystellingskonsert in die Kaap te kon saamspeel, was ‘n ongelooflike ervaring (ek dink die gekombineerde ouderdom van die gehoor was die helfte van myne, but what the heck!) Ek bly steeds DHF se grootste fan, en dis regtig lekker en ‘n eer om te kon deel wees van ”Wilder as die Wildtuin” – sekerlik een van die heel grootste albums nog in Afrikaans!

Hunter:

“Eerste van alles, Coenie is ‘n legend. Om saam te gewerk het aan hierdie liedjie was eenvoudig onrealisties! Coenie het nou al verduidelik hoe die liedjie bymekaar gekom het. Daai aanvanklike koortjie wat ons gehad het, het eintlik maar gegaan oor die recording process. ‘Dis ‘n wonderwerk ons is hier. Hoe vat ons hierdie ding wat ons nou create het verder?’ ens. Coenie het toe teruggekom met refryne wat die konteks in ‘n liefdesverhouding plaas en dit het ons eenvoudig weggebowl. Ewe skielik het die liedjie soveel meer universiele betekenis gehad. Whatta legend!”

0
heuwels_fantasties
deel
twitter

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Watter treffer van Jay is jou gunsteling?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter