Wie is 4Werke?
Gepos op August 14th, 2012 deur Ja_Broer

Bemind en bekroon: die stempel waarmee die platinumsterre – die poprocker Nicholis Louw, die dansdiva MoniQue, die popprinses Elizma Theron en die countryrocker Ray Dylan – spog. Saam is hulle kookwater, dinamiet, smeulend… inderdaad, vuurwerke!

Met die ritme van musiek wat pols, klanke wat bekoor en lirieke wat jou hart en lyf verlei, bied hierdie vier supersterre op hul kwartetdebuut veertien pronksnitte, gestempel met lewenslus, balladejuwele én dansvloervreugdes.

Dié trefferresep is die resultaat van gewilde wêreldmelodieë met markgerigte Afrikaanse aanpassings en ‘n klomp vernuftige oorspronklike Afrikaanse komposisies – uit die pen van Fredi Nest, Elizma Theron, MoniQue, Niel Schoombee, Don Kelly, Marc Brendon, Sean Butler, Werner Beukes en Jomari Greyling. Dit is volwasse kontemporêre musiek, met ‘n moderne popklankgevoel en ‘n aangename countrysoom.

Die kunstenaars se vokale vaardigheid en genreveelsydigheid verseker ‘n gehalte album wat ‘n natuurlike uitvloeisel van hul individuele solo-aanslag is en sal hul bewonderaars almal gelukkig hou en blootstel aan hul gesamentlike klank. Die eerste treffer “Vuurwerke” kan nou op ja.fm gehoor word. Tune hom.

0
4werke
deel
twitter

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Wat laat jou 'n tydskrif koop?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter