Nog ‘n trefferalbum van Kurt!
Gepos op September 11th, 2012 deur Ja_Broer

Ná verkope van ver oor die 1 miljoen CD’s en volgehoue trefferparadeprestasies is Kurt Darren – ná ‘n kort asemskep en vorentoebeplanning – terug met mening! En as jy nog nie die nuwe liedjie “Heidi” gehoor het en jou vingers of voete op die ritme gestamp het nie, moet jy kyk vir ‘n pols.

Op sy jongste album, “In jou oë,” is elke liedjie met trefferstatus gestempel; geen albumvullers nie, net treffer op treffer. As bekroonde kunstenaar in die sokkiegenre, bied Kurt weer energieke treffers wat sy bewonderaars aan die wikkel gaan hou.

Met liedjies deur Kurt, Marc Brendon, Don Kelly, Niel Schoombee, Michael Lindt en Waldo Greeff, kry Kurt se aanhangers die klank, lirieke en stem wat hulle van hom verwag – én selfs meer. Die ritme bruis op “Heidi,” die opwindende, byderwetse aanpassing van dié gewilde TV-temalied; gewis 2012 se danstreffer van die jaar! Dan is daar ook “Stoomtrein,” ‘n rymkletsduet met Snotkop wat groot gaan wees. Tussen die talle ander dansgunstelinge is dit die stuitige saamsingliedjie “Die liefde lê by my” wat nog lank in kuierplekke gehoor gaan word. Voeg daarby “Daai liedjie op die radio” en jy kry nog ‘n Kurtstempel afgedruk op Afrikaanse musiek.

In pure popstyl is daar die snitte “In jou oë,” “Misverstand,” “Dagboek” en “Alien.” En dan, natuurlik, die ballades – met “Op ‘n dag soos dié,” “Dit was jy,” “Dis wat my hart wil hê,” “Dis hoe lief ek vir jou is,” “Altyd net vir jou” en “Lullaby,” ‘n pragtige aanpassing van dié bekende wiegelied deur Kurt en sy vrou, Dunay.

Kurt bewonderaars sien al lank uit na hierdie album en die 14 liedjies op die CD gaan hul beslis vir nog lank gelukkig hou.

0
Kurt
deel
twitter

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Innibos is om die draai. Hoe voel jy oor kunstefeeste?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter