My 9-5: Sien en voel elke oomblik
Gepos op July 20th, 2012 deur Ja_Broer

David Fourie skryf eksklusief vir ja.fm. In sy nuutste blog vir ons, kyk hy terug op ou foto’s en herinneringe en lag so effe vir sy ou haarstyle.

Ek dink ons kan nou veilig wees deur te sê die winter staan nou einde se kant toe – ek persoonlik sukkel in hierdie tyd om myself positief en lig te hou, veral met al die lae klere wat baie swaar aan my hang… Dis baie maklik dat ‘n mens in ‘n spasie kom waar jy tyd verwens en uitsien na die sonnige dae, kortbroeke en warm somersaande – sjoe daar gaan ek alweer!

‘n Paar dae gelede het een van my grootste ondersteuners vir my ‘n baie goeie les geleer… die les het gekom in ‘n groot lêer (file) vol foto’s wat ons die afgelope twee jaar saam geneem het by vertonings. En dit is al die tweede een wat sy self gemaak en versamel het. Daar is seker naby aan R1 000 se foto’s in hierdie versamling sover… Een Sondagmiddag, toe dit weer so koud en grys was, besluit ek toe om deur alles te blaai en dit was soos ‘n reis terug in tyd.

Ek het begin lag vir sekere van my haarstyle, daar was goeie tye en soveel herinneringe het teruggekom. Toe besef ek hoe vinnig ‘n mens die klein goedjies vergeet, veral as jy wens dit word tog net weer somer! Ons hoor dit elke dag: gryp die dag, lewe in die nou… Maar soms is dit nodig om terug te kyk, al is dit op jou Facebook foto’s sodat jy jouself werklik vra: Sien ek daai oomblike raak, voel ek hulle wanneer hulle gebeur?

 

0
davidfourie
deel
twitter

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Innibos is om die draai. Hoe voel jy oor kunstefeeste?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter