My 9-5: Hoop en Drome
Gepos op August 8th, 2012 deur Ja_Broer

David Fourie skryf eksklusief vir ja.fm. In sy nuutste blog vir ons, deel hy met ons hoekom elke Augustus daar iets vreemds in sy kop gebeur.

Augustus is my verjaarsdagmaand – jip, ek is ‘n Virgo uit en uit. Die persoon wat ‘n “Maagd” se karaktereienskappe uitgelê het, het verseker ‘n kamera in my huis versteek, want ek is woord vir woord getrou aan daai beskrywings.

Ek vind elke jaar dat my kop so ‘n klein bietjie uithaak in Augustus. Ek weet nie of dit die winde is wat huil en my mal maak nie of dalk die druk wat ek op myself sit… Die druk kom van ‘n plek waar ‘n mens jouself elke jaar evalueer om te sien hoe jy doen i.t.v al jou lewensideale. So ja, die kop haak uit…

So gepraat van druk. Ek is totaal en al verslaaf aan die Olimpiese Spele, en die emosies wat al die atlete wys in daai oomblik van waarheid wanneer al hulle harde werk op die spel geplaas word. Die dissipline en ure se sweet kom alles neer op daardie een oomblik. Dit is nou wat ek ware DRUK noem. Dit het my goed gedoen om te sien hoe sekeres wen en ander ‘n klein foutjie begaan en laaste kom, soos ‘n voet wat net aan ‘n hekkie raak…

Miskien is te veel druk ook nie ‘n goeie ding nie, ‘n mens moet nog die plesier in jou ‘race’ kan ervaar, al dan nie? Die feit dat ek nie ‘n medalje om my nek het nie beteken nie dat ek nog nooit hard gewerk of oorwin het nie… Se die MAAGD vir homself :-)

0
davidfourie
deel
twitter

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Watter treffer van Jay is jou gunsteling?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter