My 9-5: Die laagtes en hoogtes
Gepos op April 18th, 2012 deur Ja_Broer

David Fourie skryf eksklusief vir ja.fm. In sy nuutste blog vir ons, vertel hy van die hoogtes wat ‘n kunstenaar bereik en hoe mens skielik weer aarde toe gebring kan word.

As kunstenaar is dit baie belangrik om altyd jou voete op die grond te hou, aangesien dit so maklik gebeur dat jy tred verloor met realiteit as die ligte aangaan en die mense cheer en die televisie flits beelde van jou gesig. Vir my wat van die Vrystaat kom is dit nog altyd baie maklik om hierdie kuns te bemeester aangesien ons maar eenvoudig groot geword het en ‘n koppie koffie in ‘n mall vir my nog steeds ‘n amazing ervaring is!

Elke kunstenaar gaan soms op ‘n rollercoaster rit in ons “9-5″ en een van die laagtes vir ons almal het gekom die jaar by KKNK toe ons die aand voor alles moes begin, gehoor het van Zak van Niekerk se ongeluk.  Ek deel elke jaar ‘n huis saam met Monique Steyn (pienk sjampanje), Nicholis Louw en Wicus van der Merwe. Laasgenoemde was groot pelle met Zak en ek kon sien die man was totaal geruk deur die nuus. Die gevoel van paniek soos jy terugkom aarde toe met sulke nuus is baie sterk, maar die vertonings moes aangaan al het dit gevoel asof ons nie mooi asem kon kry deur die loop van KKNK nie.

Ek vat gewoonlik ‘n klein brekie na KKNK en sluit aan by my familie wat van oral in vlieg Kaap toe, selfs van Londen af, om net te kuier.  My jongste sussie het my oorreed om Tafelberg te klim, iets wat my puzzle veral as daar ‘n kabelkar is vir die doel! In die twee ure wat dit vat om die 8ste natuurlike wonder van die wêreld te klim, het jy tyd om baie dinge uit te sweet. Met ons laaste paar tree bo op Tafelberg het ek ewe skielik gevoel hoe die paniek verdwyn, die vrees wat begin het met Zak se nuus en ek kon voel hoe ek regtig weer asem haal daar bo met een van die mooiste stede in die wêreld onder my…

 

0
davidfourie
deel
twitter

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Watter treffer van Jay is jou gunsteling?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter