Lianie May is terug met nuwe CD
Gepos op August 8th, 2011 deur Ja_Broer

Lianie May se langverwagte nuwe album, “Lank lewe die liefde,” beloof om jou voete te laat jeuk vir die dansbaan! Dit is haar vierde album en volg op die sukses van haar vorige drie albums wat almal topverkopers was.  Lianie is baie opgewonde oor  haar nuwe bekendstelling: “Dit is ‘n lekker album waarvan mense baie gaan hou. As jy van die album “Vergeet my nie” gehou het, sal jy beslis mal wees oor die nwe album.”

Lianie en Jay se twee duette, “In a moment like this” en “Toe stop my hart” het die hele land laat gons en hulle is een van die gewildste duetpare wat die land nog gesien het. Met die sukses van die twee liedjies, is daar geskaaf aan nog twee splinternuwe duette wat die publiek net ‘n voorsmakie gaan gee van Lianie en Jay se duetalbum wat net voor

Kersfees beskikbaar sal wees!

Gesoute musiekvervaardigers het die verwerkings op die album gedoen, insluitende Robin Keily, Marius Brouwer, Byron Kunz, Juan “Floors” Oosthuizen en Deveroux van der Hooven. Riana Nel, die nuwe fonds van Coleske Artists, het vyf nuwe en oorspronklike liedjies vir die album geskryf, wat jou sal terugneem na die dae toe toffie-appels en bioskope die nuutste gier was.

Lianie het ook weereens met die liedjie “Pleister van my hart” bewys dat sy ‘n liriekskrywer van formaat is. “Pleister van my hart” is die openingslied van die Afrikaanse rolprent, “Platteland” waarin Lianie die hoofrol vertolk. Wees op die uitkyk vir “Lank lewe die liefde” by jou naaste CD-winkel en luister gerus na die titelsnit wat reeds op ja.fm gespeellys is.

zp8497586rq
Lianie
deel
twitter



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Watter treffer van Jay is jou gunsteling?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter