Jakkie Louw se Rock en Roll Dagboek 6
Gepos op July 3rd, 2012 deur Ja_Broer

In sy nuutste blog, vertel Jakkie vir ons wat hy sal doen vir Linke, sy 9 maande oue dogtertjie. Want sien, Jakkie is ‘n pa…

Ek was die laaste tyd baie weg van die huis af. Dit is soms baie moeilik om my 9 maande oue dogtertjie en my jong vroutjie so min te sien. Sy het geleer kruip terwyl ek op reis was. Dis erg. In die aande sing ek voor honderde en duisende mense. Mense skreeu die name van my liedjies en ek sing dit graag.

Ek staan na die vertoning langs die verhoog en teken papiertjies, hande, arms, fotos, CD’s, T hemde ens, maar al wat ek aan dink is die aankoms by my huis. Sal my dogtertjie nog glimlag as sy my sien? Sal sy my onthou? Sal alles ok wees by die huis? Sal my familie veilig wees?

Die feit van die saak is dat ek moet toer om vir hulle te ondersteun. “If you want to rock, you’ve got to roll.” Dinge verander as jy kinders kry.
Die goeie nuus is dat ek vreeslik gebless word met baie gigs. Ek bly konstant besig. Die kar, die huis, die kos en ja, selfs die nuwe kitaar word alles betaal – die droom hou aan. Nuwe liedjies word daagliks geskryf en die mense weet dat Jakkie Louw op die pad is.

Ek het die laaste tyd vir Anel gese dat ek meer totsiens se as hallo. Nanagoproepe na haar as ek gaan slaap is aan die orde van die… nag… ‘n  Vroeë oggendoproep om weer more te sê.

Ons kla egter nie. Dit was my droom en nou’s dit hier. Ek meen om ‘n bekende sanger te wees. Op my langpad reis is daar “gravel” met musikante wat my musiek aanval op blogs van media24. Jakkie se Pikkewyne song is betekenisloos… Jakkie se musiek is nie goed genoeg nie… Jakkie is ‘n sell out…

‘n Jaar of twee terug sou ek reageer het op sulke kinderagtige stellings. Dis gewoontlik ‘n groot bemarkingsgeskenkie wat ek gratis gee vir die jong sanger wat die oningeligde stelling gemaak het. “Been there done that..”

Deesdae pla dit my minder as ‘n vuil tandedoek van my dogtertjie. Ek dink enigiemand met ‘n bietjie integriteit sal saamstem… Judge ‘n jong pa nie op wat hy doen, maar HOEKOM hy dit doen. Ek sal my lewe gee vir my dogtertjie. Ek sal ‘n sirkusnar word wat pienk en blou balle in die lug gooi om mense te laat lag vir haar.

Maar nee, ek het gekies om Jakkie Louw te wees. Om dit te bewys launch ek nasionaal my nuwe liedjie wat ek vir haar geskryf het. Ek kan nie altyd daar wees om vir haar te sing nie. Ek hoop sy luister ja.fm, want Pappa sing vir jou Lullaby vir Linke en hy gaan binnekort op ja.fm gehoor word.

“Mag die wêreld jou verras
Mag die Liefde jou omring
Mag die Engele jou oppas
En elke aand vir jou kom sing.”

 

1
jakkie
deel
twitter

1 Reaksie op Jakkie Louw se Rock en Roll Dagboek 6

  1. duke says:

    Darem lekker om hierdie stukkie menswees wat met ons gedeel word te lees! Elke sport het sy beserings, jy sal die vrugte van jou opofferings pluk! Kan nie wag om die song te hoor nie! Martienette

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Watter treffer van Jay is jou gunsteling?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter