Ja.fm launch konsert aangekondig
Gepos op June 1st, 2011 deur Ja_Broer

Laaik jy van kuier? Ja! Smaak jy Afrikaanse musiek? Ja! Vrek jy oor die variety wat Afrikaanse musiek bied? Ja! Dan gaan jy mal wees oor ja.fm se launch makietie!!! Die heel eerste een. Duh. Ja ons weet dis wat launch beteken. Maar wat ons probeer sê is dat dit die eerste van vele gaan wees. En omdat ja.fm die diversiteit van Afrikaanse musiek celebrate, watter beter manier om dit te bewys deur twee ikone op die line-up te feature! So, trek aan jou gatswaaiskoene en sluit aan by ons Vrydag 24 Junie.

So, wat’s die line-up? Wel, ons het gedink we’re gonna shake things up a bit…

  • Coenie de Villiers.

Bekend as een van ons voorste skrywers en sangers in Afrikaans, stem kritici saam dat Coenie se lirieke van ‘n wêreldklas gehalte is. Hy’t al regoor Suid-Afrika op elke denkbare verhoog opgetree en al die kollig gedeel met Sibongile Khumalo, Gloria Bosman, Sipho Gumede, Laurika Rauch en David Kramer om net ‘n paar te noem. Nou gaan hy dit deel met ‘n band wat besig is om vining hulself as een van Suid-Afrika se progressiefste musikale uitvoerprodukte te vestig…

  • Die Heuwels Fantasties.

Hul nuwe album, Wilder as die Wildtuin, is so drie maande terug bekendgestel en sluit die treffer “Buitenste Ruim” in. Maar natuurlik is daar ook hulle kollaborasie met Coenie, “Wonder bo wonder” wat eenvoudig een van die mees hauntingly beautifulste stukkies musiek in ‘n lang tyd is. “Ek was nog altyd ‘n groot aanhanger van Hunter en Pierre van Heuwels se werk”, sê Coenie de Villiers. Oor hul nuutste musiek het Pierre en Hunter die volgende te sê: “Toe ons dit nou weer in die kar geluister het klink dit vir my meer selfsugtig, meer kinderagtig, meer elektro en meer folk. Met ander woorde, meer volwasse en gemaklik met onsself. Reg om jou ma te ontmoet by ‘n kroeg in die  wildtuin.”

Flippenhel! So ja, nie jou gewone aandjie uit nie. Dis wat ons beplan. En as jy game is, sien ons uit daarna om jou by die konsert te sien.

WAAR: Scarlet Ribbon Exclusive Venue:  Stoneridgerylaan 1, Greenstone Park Johannesburg (tussen Longmeadow Besigheids- en Thornvalley Residensiële Landgoed)

Of tune jou GPS:
26 06’59,9”s
28 08’43,6“e

Ons begin so 19:30 vir 20:00. So jy kan nog 7de Laan klaarkyk.

Kom skuur skouers met ander bekendes uit die Afrikaanse musiek- en vermaaklikheidskringe en besef maar net weer opnuut hoekom Afrikaanse musiek so gatskop. Kry jou kaartjies vandag nog by http://www.ticketmonkey.co.za/ticket/event/jafm-launch-party/ teen R100 ‘n kaartjie. Of koop jou kaartjie op die dag by die venue teen R120. Dis nou as daar kaartjies oor is.

Ag toe man, kom kuier saam met ja.fm en Tune hom!

33
ja_launch
deel
twitter

33 Reaksies op Ja.fm launch konsert aangekondig

  1. nicolene says:

    hallo julle ek wil net weet wa is die skouw

  2. Andrew says:

    Dis by Scarlet Ribbon in Joburg. Al die info en die kaart is op die blog.

  3. Gaan julle een in pta ook hou, dan is ek da for sure !

  4. ELSIE WEBER says:

    EK IS MAL OOR AFRIKAANSE MUSIEK EK SKRY GRAAG AFRIKAANS MAAR KAN NIE SING WAS NOG NOOIT IN MY LEWE OP SO KONSERT NIE WANT EK KAN DIT NIE BEKOSTIG EK EN MY MAN WAS DIE 29 MEI AL 41 JAAR GETROUD HY IS ‘N ENGELSMAN MAAR IS MAL OOR AFRIKAANSE MUSIEK SAL WAT WIL GEE OM SO BYEENKOMS BY TE WOON MAAR KAN DIT NIE BEKOSTIG EN ONS IS MAL OOR JOU MUSIEK

  5. Joe says:

    Klink na ‘n baie lekker uitstappie!

  6. Cathy Steynfaardt says:

    lekker

  7. Tina says:

    Uitstekend sal dit graag wil bywoon

  8. Tina says:

    Dit klik cool

  9. Charlotte van Coller says:

    Bring die show Pretoria toe ook?

  10. annabelle says:

    briljant, sal graag da wil wees…

  11. Alta says:

    Die soort ding is lank al nodig. Dit sal fantasties wees

  12. Charne says:

    Hier kom ‘n groot kuier!!

  13. Kathleen says:

    Ek mis dit vir niks in die wêreld nie ! Sien julle daar !

  14. sillymilly says:

    Ek dog julle nooi ons uit… Hoekom dan ‘n kaartjie koop?

  15. sillymilly says:

    Ek dag julle nooi ons uit.. Vir wat dan ‘n kaartjie koop?

  16. Ja_Broer says:

    Hi Sillymilly, jy word uitgenooi om by ons aan te sluit deur ‘n kaartjie te koop. Die koste is verspot laag om twee sulke ikone live op stage te sien. So ons hoop ons sien jou daar?

  17. ELSIE WEBER says:

    EK IS BEHOORLIK MAL OOR ALLLE AFRIKAANSE MUSIEK MAAR EK WAS NOG NOOIT IN MY LEWE BY SO BYEENKOMS KAN DIT NIE BEKOSTIG SAL GRAAG WIL GAAN

  18. ELSIE WEBER says:

    DIT KLINK SOMMER LEKKER EN LYK LEKKER EK GLO JY SAL JOU GATE UITGENIET

  19. Jacques says:

    Dit lyk cool ……………..

  20. Juanita says:

    Ek is ‘n Theuns Jordaan bewonderaar en as hy gaan sing in Pretoria, koop ek ‘n voorry kaartjie!!!

  21. Jodine says:

    Dit gaan heuwels fantasties wees!!! Sien julle daar!!!!

  22. Ant says:

    Ek soek nog inligting oor Vrydagaand. Wie kan ek bel?

  23. Andrew says:

    Hi Ant. Al die info is op hierdie bladsy. Wat meer wil jy weet? Laat weet dan antwoord ons.

  24. Jodine says:

    Weet enige een of daar enige ouderdoms beperking is?

  25. Ja_Broer says:

    Hi Jodine, geen ouderdomsbeperking, maar sou reken dis nie regtig ideaal vir klein kindertjies nie.

  26. Ant says:

    Is daar ‘n kontant kroeg? Word daar kos bedien, of eet ons terwyl ons 7de Laan by die huis kyk? Sit mens by tafels, ons is ses mense wat kaartjies het? Wat is “dresscode”?

  27. Andrew says:

    Hi Ant… dis ‘n gelisensieerde venue, so daar is ‘n kroeg beskikbaar. Ongelukkig gaan jy moet eet terwyl jy 7de Laan kyk en dan deurjaag om by ons aan te sluit. Dresscode is maar net smarterig… smart casual.

  28. Jodine says:

    Baie dankie Ja_Broer! Andrew het my ook laat weet van die ding dat dit nie regtig goed sal wees om kleintjies te vat nie – maar bo 10 sal ok wees… Sien julle beslis daar, JA!!!!!!

  29. Sue Schoeman says:

    Dit is on 23ste Huweliks Herdenking die 25ste Junie. So die “outing” is my geskenk aan my man …..

  30. Lynette says:

    Ekke wil net graag weet wat is die kanse dat die kaartjies gaan uitverkoop wees as ons daar aankom? Ek kannie deur ticketmonkey koop nie – en gaan al die pad van Pretoria af deurry – ek wil nie daar kom en dis sold out nie!!

  31. Andrew says:

    Hi Lynette. Mail webguru@ja.fm met hoeveel kaartjies jy soek en ons sal seker maak ons hou dit uit vir jou om te kry by die deure.

  32. Meermin says:

    Ek is gaande oor Afrikaanse Musiek!!!

  33. Didi says:

    Hallo, ek geniet julle baie en luister heeldag na julle, ek wil nie kla nie maar al wat pla is die baie herhaling van liedjies. Ek hou baie van Laurika maar het noual van 10h al 3 keer Sonneblom uit Bethlehem gehoor. Ek weet dis die mense wat kies, maar miskien kan julle dit wat al gespeel het, nie op die kies lys sit nie. Baie dankie ;o)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Watter treffer van Jay is jou gunsteling?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter