Hart van Windhoek
Gepos op September 23rd, 2011 deur Ja_Broer

Dit was die tweede jaar van Huisgenoot se Hart van Windhoek-fees in Namibië en soos verlede jaar was dit ‘n vuurwarm fees, met ‘n aansteeklike gees.

Sowat 20 000 Namibiërs het Vrydag en Saterdag 16 en 17 September deur die hekke van die Doc Jobber  hokkie- en krieketvelde gestroom en na meer as 60 kunstenaars oor dié twee  feesdae geluister. Internasionale groepe soos Westlife en Suid-Afrika se Freshlyground  het die Namibiërs in vervoering gehad.

Kunstenaars soos Wicus van der Merwe, Snotkop, Adam Tas, Sorina die Flooze, Nicholis Louw

, Kurt Darren, Heinz Winckler, Willem Botha, Broers, Bobby van Jaarsveld, Theuns  Jordaan en Nianell en Romanz was onder die kunstenaars wat oor die twee dae  opgetree het. En hulle is dit almal eens: dié fees was die lekkerste wat hulle nog vanjaar bygewoon het.

“Dis die mense wat dit so ongelooflik maak. Hulle is honger vir musiek en waardeer elke optrede,” het Jay vertel.

“Die mense is so gasvry, hulle gasvryheid is eintlik lastig,” het Wicus van der Merwe bygevoeg.

Smaak ons die Namibiërs kan partytjie hou.

zp8497586rq
windhoek
deel
twitter



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Watter treffer van Jay is jou gunsteling?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter