Fredi Nest is terug met nuwe album
Gepos op June 5th, 2012 deur Ja_Broer

Fredi Nest se twaalfde album, “Begin by my,” is nou beskikbaar en word as van sy beste werk nóg beskou. Met dertien snitte, waarvan tien nuutskeppinge uit sy en die regisseur Werner Beukes se pen, het dit klaar twee treffers opgelewer naamlik “Bangbroekie” en “Ek sal jou nie laat gaan.”

Ander liedjies wat dadelik die oor vang is die titelsnit “Begin by my,” asook ”Altyd jy,” “Dan breek ‘n hart” en die byderwetse duet saam met Jomari Greyling, “Ons kan in liefde glo.” Fredi Nest se stem, gekomplementeer deur die luisterryke produksie en ‘n grootstemkoorsoom, bied ‘n album wat sy talent en vernuf as liedjieskrywer en sanger ten volle ontgin.

Soos altyd is Fredi Nest se albums ‘n viering van vreugde, die liefde en die lewe, soms polsend gevat en stuitig; andersins deurspek met romantiese speserye. Fredi is ‘n veelsydige, bekroonde, tweetalige, kommersiële liedjieskrywer en sanger. Die resultaat is wydtreffende hoofstroomgewildheid, met spatsels pop en rock, country en selfs kontemporêre gospel.

In sy eie woorde is Fredi ‘n bedrewe musikant, ‘n man, ‘n minnaar, ‘n pa: ‘n mens wat die beste vir homself, sy geliefdes en die land se mense wil hê. Hy besef die antwoorde lê gesetel met die oë gerig na Bo.

Met platinumstatus, trefferparadewelslae en verskeie musiektoekennings, waaronder die SAMA-prys vir die beste countrysanger, beskryf Fredi Nest homself as skatryk.

1
fredinest1
deel
twitter

1 Reaksie op Fredi Nest is terug met nuwe album

  1. Engela says:

    Nadat ek hom die eerste keer sien optree het, het ek al sy cds en dvd bekom en die nuutste een wys net weereens dat hy n uitmuntende kunstenaar is ek wens hom net voorspoed toe

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Innibos is om die draai. Hoe voel jy oor kunstefeeste?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter