Die storie agter die liedjie: Spieëltjie
Gepos op April 19th, 2011 deur Ja_Broer

“Spieëltjie spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste in die land?”  Die bekende woorde van die koningin uit die feëverhaal, Sneeuwitjie verwys na uiterlike skoonheid en nietigheid.  Maar vir Bobby van Jaarsveld, een van Suid-Afrika se mees gewildste kunstenaars, het die woorde egter ‘n dieper, meer emosionele betekenis.  Die soeke na homself het gelei tot een van die grootste liedjies van 2010, Spieëltjie.  Bobby vertel hoekom hy die treffer geskryf het:

“Ek is altyd opsoek na konsepte maar die een het by my gebly omdat dit so groot innerlike betekenis het.  Die “spieëltjie spieëltjie” vers ken ons almal van kleins af, so ek het geweet dit sal by almal iets aanraak. Ek was in daardie stadium op ‘n moeilike plek in my lewe, ek het gevoel ek is fake en hou nie van wat ek van myself sien en ken nie.  En ek het gewonder of die ander mense my ook so sien, juis omdat almal dink ek is so heilig en veilig en dat ek niks verkeerd kan doen nie, dat ek niks sleg ken of is nie.  Maar ek het baie foute!“

“In Junie 2009 het ek voor die spieël gaan staan en skryf wat ek sien en ervaar.  Dit het my ongeveer 2 ure gevat.  Ek is nooit tevrede met ‘n song wat ek skryf nie, het altyd ander se raad en insette nodig.  So ek het twee ouens in my band gevra om te help skaaf aan die liedjie en bietjie af te rond.  Maar die lirieke en melodie het ek self geskryf.  Spieëltjie is vir my ‘n ontvlugting wat my help om myself beter te kan sien en ervaar en verstaan…..en dit help my om ‘n beter mens te word en te vorm, dit is my eie emosionele rollercoaster ride song”.

19
Bobby
deel
twitter

19 Reaksies op Die storie agter die liedjie: Spieëltjie

  1. Monique Willemse says:

    Dis regtig ‘n touching song hoor… Ek meen, jy kan dink jys die gelukigste Simba chippie mar eintlik het jy net so baie krakies en brand plekkies soos ‘n Lays chippie, dalk nog meer heehee so ja ek dink dat maak nie saak wie of wat jy is nie, daardie liedjie het ‘n effek op almal op een of ander manier…

    Ek sal eerlik wees neh… Ek HAAT Afrikaanse musiek haha dit staan my glad nie aan nie, maar as ek hoor Bobby van Jaarsveld whoo dan is ek net ene ore! hahaha daar is net iets aan daardie man se stem en die woorde van die songs wat my chills gee! Ek het seriously erg baie respek vir Bobby al het ek hom nog nooit in persoon ontmoet nie en dis ‘n goeie ding, want ek dink die dag as dit sou gebeur..sou ek uit pass! hahaha maar nou ja niks is seker onmoontlik nie…. Have a nice day’kie*

  2. JOEY OPPERMAN says:

    hi julle, hierdie Bobby is nou ‘n man so na my hart…. en ek stem… van dag een wat ek sy diep stemp gehoor het, het hy diep diep in my hart gekruip!! Bobby ek lig my glasie hoog vir jou – kind van God – en Prys Hom dat jy hierdie Vaandel so hoog dra.
    jy gaan dit nog baie baie ver bring.

  3. René says:

    die liedjie sê net vir my dat, maak nie saak hoeveel selfvertroue jy het nie, daar is altyd iets wat jou pla van jouself. En as jy in die spieel kyk, is jy alleen en net jy sien werklik wat binne jou aangaan. Jou huweliksmaat mag jou dalk baie goed ken, maar nogsteeds as jy in die spieel kyk is jy al een wat in jou oë(siel) kyk. Jy gaan self op ‘n tyd moet besluit of jy like wat jy sien of nie. En gelukkig weet ek dat, as mens, gaan ek nie myself kan verander nie, maar daar is ‘n God wat Sy als gegee sodat ek my volle potensiaal kan bereik, en net Hy kan mens daardie wilskrag gee om te verander. Net HY kan jou verander!! SO bobby, net ‘n persoonlike boodskappie vir jou, jy wat sê mense dink jy doen nooit iets verkeerd nie, onthou net, jy moet dit as ‘n kompliment vat, want dit is God se lig wat deur jou skyn! Jy is ‘n goeie voorbeeld vir hul. Jy mag dalk dink jy doen bad goed wat niemand raaksien nie, maar onthou ook net dat die Duiwel jou gaan gooi met klein dingetjies. Maar meer kragtiger as hy, kan jy net die saak met jou en God uitsort en jy weet verder is jy skoon voor Hom en Hy kan jou hart wen!

    PS: “Perfect” beteken dat jy Volwasse is in die Gees. Net mens self sal kan besluit of hy “PERFECT” is.

    Lekker daggie verder Jesus kind!

  4. Nicky says:

    Hi almal. Ek het ook ‘Spieeltjie’ so ervaar toe ek dit hoor, hoe Bobby dit vertel. Ek het soveel betekenis uit sy liedjie gekry. Dankie Bobby

  5. Stasia says:

    Toe eke speeltji di eerste keer gehoor ht het dit my
    Diep song geword, dis di 1 ste liedji wat my laat stil staan en kyk wie is eke regtig en wat gan an op my pad try eke elke dag als vermy wat maak lat eke di verkeert in my raak sien totdat di song begin dan moet ek dit face dis n awesome song!!

  6. johlene eksteen says:

    Bobby, ons almal bly maar in huise van glas! Die een of ander tyd in elkeen se lewe kom ons tot die besef dat ons nie volmaak is nie en dan kom ons agter dat ons nie van onsself hou nie dit wat die spieelbeeld vir ons wys is party keer ‘n “fake” dit is dan wat ons hard met onself moet praat en vir God vra om ons te reinig en leiding te gee want “after all” is ons na die beeld van God geskape en met Sy werk kan niemand fout vind nie

  7. Meta van Deventer says:

    Spieëltjie het my ook laat besef dat dit presies is soos wat almal voel. Hoe sien ander my. Miskien is dit goed dat ons nie weet nie – sou dan dalk aan menige komplekse gely het! Laat my tog dink aan Sproetjies se woorde: “Ek wens ek kon my deur jou oë sien!”

  8. Anil du Plessis says:

    Ek glo die liedjie raak elkeen aan wat daarna luister – elkeen op ‘n ander manier. Vir my het dit weereens laat besef hoeveel tekortkominge ek het …Maar ook dat ek deur Jesus vergiffenis daarvoor mag en kan kry!

  9. marli grobler narine grobler says:

    ons het jou al persoon ontmoet by vryburg skou . ons hou baie van jou musiek . en hoop ons kan jou weer ontmoet. groete marli en narine grobler

  10. Ri@ says:

    Nou verstaan mens daai trane in “Liefling” sommer baie beter, sjoe, dat laat mens sommer saam huil, want mens kan jouself met die lied assosieer… ons almal het foute en daar is so baie wat verkeerd is in mens se lewes. Al is dit nie groot nie, soms is dit daai klein dingetjie wat die meeste pla…. maak nie saak hoe groot of klein nie, dit maak steeds dit wat jy voel en sien nie beter nie. Dis belangrik dat jy tevrede tevrede moet wees met jou spieelbeeld… al is dit soms baie moeilik. Ek love Bobby en as hy nie foute gehad het nie, sou hy nie die warm mens gewees het wat hy is nie en wie wil nou iemand ken wat nie foute het nie – dis menslik.
    Mag hy nog baie jare vir ons gespaar wees en deur sy musiek ons (vreemdelinge) aanraak.

  11. Annelie Bruwer says:

    Ek wil net se dat jy, Bobby ‘n besonderse mens is. Ek kan nie glo dat jy so ‘n groot impak op my lewe het nie. As ek kyk na my eie lewe, word my oe vol trane. Daar is so baie werk wat voorle ( geestelik ) vir my en jy het dit begin, dankie. As jy net kon weet. Baie geluk met jou sukses en iemand soos jy, sal nog ver kom in die lewe. Sterkte met als wat vorentoe le.

  12. Chel says:

    Dis seker die mooiste song in die AFR wereld!!

  13. Bella* says:

    Ek is regtig mal oor Spieeltjie.. dit was een van daai songs wat gemaak get dat ek 2 keer dink oor wie ek is en wat ek is,ek het rerig mooi na die song geluister,e dit was rerig diep, ek wens ek kon dit beskryf.. Ek dink dis amazing..
    Thanx Bobby*

  14. marike says:

    Ag ek weet nie dt is nt vr my n liedjie wat my soms laat wonder

  15. madelein says:

    Spieeltjie…… Wow wat n pragtige liedjie. Die liedjie het my regtig aan die hartsnare beetgekry!!!! Ek dink dat maak nie saak of hy vir jou n ander betekenis het nie maar hy raak iemand op een of ander manier een of ander tyd. Die liedjie het my hoendervleis gegee die eerste keer en sommer elke keer daarna wat ek hom hoor. Die toneel in liefling waar jy spieeltjie sing het ek snot en trane gehuil dit was so hartseer. Ek dink dat n mens net op die innerlike moet konsentreer en jou vertroue ten volle in die HERE moet sit en hy gee ons krag en genade vir alles wat oor ons pad kom. Al dink ons dat hy nie altyd daar is nie is hy altyd maar altyd daar vir ons. Ons moet net glo en hom lief he want hy is ons skepper en vader. Sterkte met die klein Sion en ek wens jou en jou gesin n wonderlike toekoms toe. Sal graag eendag n live konsert wil gaan kyk. Liefde MADELEIN 16 van pta

  16. shanel says:

    Die liedjie spieeltjie, het ek die storie agter als gaan lees… En eerlik waar kan ek se ek was op daai pressiese ervaring so jaar en half terug… Ek was iemand wat ek nooit was nie, en mense gedink ek is die oulikste vol leweste persoon ook, maar agter als was ek n persoon wie ek nog nooit was nie, maar ek glo almal gaan deur daai fase. Maasr om terug te dink aan die fee verhaal van sneeuwytjie was m gunsteling toe ek klein was, en soms het mens nodig om vi ju self te gaan staar in spieel en sien wate lelik in mens steek en regtig te besef eatse great amazing persoon mens regtig is… Ek is nie n dag spuit oor wat ek deur gegn hetie want mens sal nooit daar beter uit kon leer nie… Die liedjie is een van my gunstelinge ooit. Verstaan sy emosies en siening oor hu dinge was. Maar hoop julle kom kuier in richardsbaai…

  17. Clarize says:

    Hi hi almal….

    Bobby, niemand maar niemand is perfek nie en so het ons almal foute! En om dit te kan erken is die beste ding ooit, want mens leer uit mens se foute en as jy erken jy het foute kan jy ook daaruit leer, hoe anders sal jy dan weet om dit reg te stel as jy dit nie erken nie??? Die Here het ons almal gemaak, en Hy aanvaar ons soos ons is want hy is ons Vader… En as jy nie hou van wat jy verkeerd doen of se of hoe jy is nie, werk daaraan sodat jy gerus kan voel. Onthou net, either way is God ons Vader lief vir ons! Ons is sy kinders!

    Jy is n amazing mens en ek is mal oor jou musiek…. God het jou gebless met n wonderlike stem en vir ons wat kan om daarna te kan luister…. Ek is seker jou pad vorentoe is nog laaaaaank.

    Stay as amazing as you are, do only the best you can! God Bless!!!!!

  18. LOUISE says:

    Hallo aan Almal,

    Ek wil net se dat die liedjie my ook baie geinspereer het. die eerste keer toe ek hom hoor het ek dadelik geweet waaroor dit gaan. ek skryf self mesiek,Maar my bediening self le nie op die verhoog nie maar by individuele mense, my nommer een in my lewe is Jesus, Hy kyk nooit na ons uiterlike nie maar wel wat in ons hart aangaan.

    Groete Louise
    en Bobby dankie vir jou opregtheid dit is raar.

  19. LOUISE says:

    Hallo aan almal,

    Die liedjie het my ook vreeslik baie inspereer. ek skryf self liedere en sing ook graag, het ook my eerste CD uitgebring, maar my bedinning le nie op verhoog nie, maar by mense as individueel. die eerste keer toe ek die liedjie gehoor het, het ek ook dadelik geweet waaroor dit gaan, God stel belang oor ons innerlike beeld nie die beeld wat ons daagliks van bewus is nie. My Nommer een is Jesus, daar is niks beter in die lewe as Hy nie.

    Groete Louise
    P.S Bobby dankie vir jou integrieteit dit is raar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Watter treffer van Jay is jou gunsteling?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter