Die storie agter die liedjie: Los My
Gepos op April 18th, 2012 deur Ja_Broer

Met een van die mees “talked about” musiekvideos die laaste ruk, het Winterstasie se “Los My” hulle skielik in die soeklig geplaas. Maar wat is die storie agter die liedjie? Ons het met die groep gaan gesels.

“Reg deur die lewe het ons gesien hoe armoede net al hoe erger raak en mense wat ryk word, al hoe ryker, maar dit was nie die mees opvallendste nie. Ek het begin besef dat 80% van mense wat baie geld het, neerkyk op ander mense wat minder as hulle het. Hulle kyk selfs neer op ander mense wat ook baie geld het maar nie so baie soos hulle nie.

Sulke mense is geneig om iemand te oordeel volgens wat hulle besit, wat hulle aantrek, hoe hulle lyk en wat hulle doen. Hulle toon geen liefde teenoor mense wat nie op dieselfde vlak as hulle is nie. Hulle sal armer mense nie eers ’n kans gee om hulle te leer ken en te sien dat dit wat daardie persoon besit, aantrek en doen vir ’n lewe, nie beteken dat dit ’n slegte persoon is nie.

Hierdie was die inspirasie tot die skryf van ‘Los My’. Die liedjie spreek ’n baie sterk gesegde aan wat sê: “Don’t judge a book by its cover.” Deur die eerste vers word daar gepraat oor geld en rykdom. Hierdie rykdom verwys nie na fisiese rykdom nie, maar na rykdom in jou hart of altans vreugde en geluk. Baie mense wat geld het dink hulle kan geluk koop of dat mens geluk kry daaruit om aardse dinge te koop.

Wat hulle nie besef nie is dat geld nie geluk of rykdom kan koop nie. Rykdom is iets wat mens kry deur vervul te voel en dit kry jy deur liefde te toon teenoor ander. Mens voel mos nou baie beter as jy R100 vir iemand gegee het wat dit nodig het as om honderd rand se skoene te koop. Deur minder selfsugtig te wees, maak jy ’n verskil in die wêreld en so gee jy ander mense ook geluk.

Die koorgedeelte se woorde gaan as volg:
“Los my, ek wil net so graag weet hoekom jy my nie kan aanvaar nie…
Gee my nog net een laaste kans, ek sweer ek sal myself kan bewys.”

Hierdie gedeelte vorm die basis van hoe mense moet leef. Dit sê dat mens iemand ’n kans moet gee en bereid moet wees om hulle te leer ken voor jy hulle net oordeel op aardse besittings.

Die tweede vers stel voor dat vreugde geen betekenis het as alles in jou lewe draai oor geld nie. Mens is gelukkig, maar diep binne jou hart het jy nie geluk nie. Die vers stel dan voor dat jy jou oë moet oopmaak en besef dat geld nie alles is nie en dat mens gelukkig kan wees daarsonder.

Link na die video: http://www.youtube.com/watch?v=KLvD73nxN4k

0
winterstasie
deel
twitter

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Wat is jou gunsteling Jakkie Louw treffer?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter