Die storie agter die liedjie: Liewe Ouers
Gepos op June 8th, 2011 deur Ja_Broer

Sanger, akteur, liedjieskrywer… daar is so baie woorde om die kleurvolle Robbie Wessels te beskryf. As die geliefde karakter “Poena” het Robbie talle laat skaterlag, waar hy ook die “Leeuloop” bemeester het en die hoofonderwerp by verskeie plaaslike sowel as internasionale kuiersessies geword. Van die ballades wat Robbie al neergepen het is ‘n bewys van sy dieper, emosionele kant en is beslis ‘n aanduiding van sy veelkleurige persoonlikheid. Hy is egter bekend vir sy komiese karaktereienskappe en sy liedjie “Liewe Ouers” weerspieël sy kreatiwiteit en humor. En wie beter om te vertel hoe “Liewe Ouers” ontstaan het as Robbie self:

“Nou maar hier is hoe ‘Liewe Ouers’ gebore is. Ek was in Holland, België in hierdie tyd, en ek het by ‘n hele paar backpackers gebly. Ek het ook baie trein gery, wat beteken ek het baie tyd gehad om te dink. Ek onthou dit het deur my kop gemaal die hele kultuurskok wat ‘n mens ervaar as mens in ‘n ander land alleen is. Die prentjie wat ‘n mens vir jouself opmaak voordat jy gaan is altyd heeltemal anders. Die feit is die mense is anders en jy word nie altyd so vriendelik en warm ontvang soos in jou eie land nie, veral nie in backpackers nie, en dis hier waar ek toe begin dink aan twee Suid-Afrikaners wat met hoë verwagtinge oorsee gaan om die tyd van hulle lewe te hê en dan so terugverlang huistoe na twee dae.”

“Ek sal nooit vergeet nie, ek was op Amsterdam se lughawe toe die storie homself klaar skryf in my kop. Die twee ouens moet try uitslip uit die backpackers, al hoef mens nie, dis mos nie ‘n koshuis nie, en dan deur kolossale rotte geteister word. Rotte so groot soos dassies en staffies, (hee ha!) en so word ‘Liewe Ouers’ toe gebore.  ‘Liewe Ouers’ is ’ sê-ding wat my oom altyd gebruik as iets vir hom amazing is. Ek het egter baie mense al daardie term hoor gebruik. “

Groete: Robenolfski Wesselarfski (dis my Hollandse naam)

2
Robbie Wessels
deel
twitter

2 Reaksies op Die storie agter die liedjie: Liewe Ouers

  1. Amanda Davel says:

    Jou musiek is woes snaaks. Dankie!

  2. Gerda Scheepers says:

    Jy en jou seun is amazing en lief julle musiek baie. Julle is ‘n treat vir ons Afrikaners. Dankie vir julle mooi musiek en liedjies. Ek het selfs van jou CD’s oorgevat Kanada toe in 2009 toe ek daar was dat my familie daarna kan luister. Hulle was ook al by een van jou optredes daar so paar jaar gelede. Hou so aan om ons te vermaak en toe te sing julle 2 want julle is tops. Love U!!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Innibos is om die draai. Hoe voel jy oor kunstefeeste?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter