Die storie agter die liedjie: Duisend Drome en Ons Twee.
Gepos op August 3rd, 2012 deur Ja_Broer

Baie mense was aangenaam verras toe Romanz en Nianell hul samewerking op ‘n CD aangekondig het. Maar as mens luister na treffers soos “Ons Twee” en “Duisend Drome” wil mens begin wonder hoekom dit nie lankal gebeur het nie. Toe ons Nianell nader vir die storie agter een van die liedjies, toe kry ons ook meer as waarop ons gebargain het. Die storie agter beide daai liedjies.

Nianell is aan die woord:

Ons Twee:

Dis so ongelooflik belangrik om te kommunikeer in ‘n verhouding. ’n Mens moet daarvoor tyd maak, vir mekaar tyd maak, want wanneer die lewe met ‘n mens gebeur en tyd vinnig verbyvlieg, vergeet ‘n mens soms om vir mekaar daar te wees. Ons verwag ook so baie van mekaar, dat ons verwagtinge ons eintlik onderkry. Wat ek probeer doen het met hierdie liedjie, “Ons Twee,” was om uit te lig hoe belangrik dit is om die konneksie te behou deur met mekaar te praat en uit te beeld dat as ons dit nie doen nie, ons so verwyderd van mekaar kan raak, dat niks meer saak maak nie.

Duisend Drome:

Om die regte persoon in jou lewe te hê is so ‘n geskenk en dit kan voel asof al die drome wat jy al gedroom het, op een slag waar word. In hierdie liedjie vat en aanvaar ons mekaar, net soos ons is. Ons vra mekaar om hierdie oomblik ewig te maak en trou aan mekaar te belowe. Om saam te droom. Ons sal maar altyd oor die liefde bly skryf, hierdie lied is hoe ek glo liefde kan wees.

 

0
nianellromanz
deel
twitter

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Innibos is om die draai. Hoe voel jy oor kunstefeeste?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter