Die storie agter die liedjie: Die enigste manier
Gepos op November 7th, 2011 deur Ja_Broer

Ons het vir Lee Scott gevra om bietjie lig te werp op die storie agter sy groot treffer “Die enigste manier.”

Lee is aan die woord: Ek vind dat menige kunstenaars liedjies skryf en sing net bloot om te kan sê hulle het ‘n liedjie geskryf. ’n Mens kan soms die eenvoudigste lirieke en melodie lyn skryf, maar daar is vir my altyd ‘n dieper betekenis aan wat vir baie mense lyk na net nog ‘n gewone liedjie! Daar is ware emosie agter elke woord en noot!

“Die enigste mnier” is glad nie ingewikkelde liedjie nie! Die melodielyn is eenvoudig en “catchy” en die woorde is ook self nie ingewikkeld of vreemd nie. Ek glo dit gaan oor “hoe” die musikant die liedjie oordra wat saak maak! “Die enigste manier” was die eerste liedjie waarna ons geluister het toe ons begin soek het na liedjies vir my debuutalbum. Tien sekondes in die “Die enigste manier” in het ek klaar besluit dit is DIE liedjie vir my! Dit was die perfekte keuse van ‘n  liedjie om vir die publiek te wys wie ek is en wat ek kan doen! Ek het geweet die liedjie beteken meer as net die woorde daarvan!

‘n Liedjie het na my mening ook meer as net een betekenis! Maar die luisteraars het die reg om hulle eie boodskap te koppel aan die liedjie! Op die eerste hoorslag sal mense dink dis ‘n liefdesliedjie, of self ‘n liedjie teenoor ‘n persoon met ‘n gebroke hart. Maar vir my is dit dieper as dit. Ek streef daarna om vir mense te kan wys waartoe ek in staat is, nie net met my stem nie maar ook met my emosie!

Ek sit hier en skryf die artikel en raak eintlik tranerig as ek dink hoe frustrerend dit soms is om my hart en siel in ‘n liedjie te sit met elke optrede van “D

ie enigste manier.” Johan Oberholzer, sonder dat ons mekaar ooit al ontmoet het, voel ek het vir my die perfekte liedjie gegee sodat ek vir die publiek kan wys wie en wat ek is! Die Here weet waartoe ek in staat is en dit was die Here se plan om my die liedjie te gee!

“Die Enigste Manier” is my liefdesverhouding met my musiek. Dis wat die liedjie vir my beteken. Die waarheid agter elke woord! Die betekenis is dieper as die oppervlakkige, visuele skrif op die CD se omslag! Soms voel ek my musiek en stem gaan oor mense se koppe en word soms afgekeur deur sommige lede van die publiek! Ek wil graag almal gelukkig hou en van my musiek laat hou! Soms kry ek ‘n reaksie wat ek nie verwag het nie! Dinge wat ek nie wil hoor nie! En die lirieke “Ek hou die klanke uit met fotos teen die ruit van elke goeie tyd saam jou” se betekenis is bloot dat ek al daai “negatiewe” kritiek wil uithou en bly in my droomwêreld! My wêreld vol musiek en note! Dis my skuiling. Dis my wegbreekkans. Dis my gemak! Die liriek beteken vir my dat ten spyte die kritiek daarbuite en maak nie saak wat met my of my loopbaan gebeur nie, sal dit bitterlik moeilik wees om die droom en talent te laat gaan.

Ek deel met mense iets persoonliks in elke liedjie! Soms voel ek ek deel te veel. ‘n Mens ontbloot jou siel as jy op die verhoog gaan staan! Maar daar is ook niks so lekker as om jou hart en siel in die liedjie te sit tydens ‘n optrede en dan die reaksie wat jy hoop jy sal ontvang te kry nie! Dit gee my net daai ekstra woema! Dit vat baie om iets so persoonliks met die wêreld te deel!

Noem my maar ‘n dromer, want dit is wat ek is! Dit is my manier, DIS DIE ENIGSTE MANIER!

zp8497586rq
2
Lee Scott
deel
twitter

2 Reaksies op Die storie agter die liedjie: Die enigste manier

  1. Ek love daai song en sal altyd mal wees daar oor… Lovies you Lee

  2. Maryke Bowker says:

    Om u dromer te wees is die enigstes manier hoe jy jouself leer ken en en die lewe vir jou maklik en lekker te maak want jy sit jouself instaat om te bereik wat u mens graag wil…ek diNk dis rerg u amazing liedjie om u mens se Oe oop te maAk eens u drOmer altyd u dromer!!!*✽ Sterkte voorentoe



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Watter treffer van Jay is jou gunsteling?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter