Die storie agter die liedjie: 24/7/365
Gepos op August 15th, 2012 deur Ja_Broer

Ons het Heinz Winckler gevra om met ons die storie agter een van sy onlangse treffers, “24/7/365,” te deel. En dit het als te make met prioriteite.

Heinz vertel: Die liedjie gaan oor ‘n kombinasie van aspirasies: Carpe diem (gryp die dag aan, maak die meeste van elke oomblik) en kies om die een vir wie jy lief het so gereeld as moontlik op soveel as moontlik maniere te sê en wys dat jy lief is vir haar.

Ons leef in kits, gejaagte en oorvol tye en in ‘n wêreld wat net belangstel in resultate. Meeste mense is op soek na identiteit, maar is geneig om te stop by die idee dat geld, mag en seks hulle daardie gevoel van identiteit sal gee. Dan volg daar ‘n gejaag om die dinge te bekom, en baie mense kry dit baie goed reg omdat hulle talente en deursettingsvermoë het. Maar hulle eindig ook tipies op met als wat hulle wou hê sonder enigiets met ewigheidswaarde. En in plaas daarvan om die vraag en fokus te verander, gaan werk hulle nog harder en probeer nog meer maniere om nog meer geld, mag en seks te kry. Die probleem is dat hierdie ambisie meeste van die tyd deur selfsug gedryf word.

So goed soos wat dit is om ambisieus te wees en jou talente uit te leef en te “carpe diem” op daardie manier, is dit belangrik om versigtig te wees dat jou fokus nie net jouself is nie, maar die groter plan en rede waarom jy hier is. En ek glo een van die grootste redes hoekom ons hier is en iets wat sterk ingevleg is met ons onderskeie individuele roepinge, is ons gade. So die uitdaging is om jou doel en noemenswaardigheid na te streef hier op aarde en ja, gryp die geleenthede aan en maak die meeste van elke dag in terme daarvan. Maar dit mag nooit belangriker word as die een wat jy die meeste moet lief hê nie. Dalk kan ‘n mens dit so ook stel – maak seker jou verhouding kry net so baie aandag, moeite, kreatiwiteit en ambisie as jou werk, indien nie meer nie. Nie maklik nie, maar hou in gedagte watter een het ewigheidswaarde.

So dis die boodskap gedeelte. Ons het die liedjie van ‘n verwerkingsoogpunt benader as ‘n lekker sokkie song, en dis lekker om te hoor en sien hoe mense geniet om op hierdie song te dans! So vier ons ook die liefde!

 

0
heinz247365
deel
twitter

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Wat laat jou 'n tydskrif koop?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter