Blog 5 oor Liedjieskryf 101 deur Jakkie Louw
Gepos op May 24th, 2011 deur Ja_Broer

Liedjieskryf oefeninge:

 

Oefening 1:  Die skryf van jou woorde

 

Skryf die naam van jou meisie of vrou neer.

Bv. MICHELLE

Hoe voel jy oor haar:

Bv. VERLIEF

Skryf nou die naam en gevoel vertikaal neer en probeer ‘n gediggie in die “liedjieformaat” skryf. Kom ons probeer:

My mooiste drome word nou waar

Is ons liefde amper klaar

Chardonay vir my en jou

Hoor jy my lied, ek bly getrou

 

Engele het dit geweet

Liefde sal jou hart opvreet

Lang jare sal ek jou nog soen

En dis wat jy aan my doen

Koor

Verlief bly ek op jou Michelle

En vir jou sal ek sing

Raak jy ook lus om te bel

Liefdevol het ek jou bemin

Is dit die einde of net die begin

Ek sal jou in liefde verdrink

Fanaties as jy vir my wink

Jy mag dalk nou dink:

  1. Die woorde maak nie sin nie, en
  2. Die vertikale letter is nou klaar. Wat nou?

Jy het nou die “geraamte” van jou liedjie, en kan nou verder peuter om die storie mooi te skryf. Nadat jou vertikale woorde gevestig is, kan jy inisiatief gebruik en self verder aangaan.  Jy kan selfs hierdie twee woorde rondskommel en verder skryf. En wanneer jy die liedjie eendag vir Michelle speel, gaan sy nie oplet of omgee dat jy net die twee woorde gebruik het om die fondamente van jou liedjie neer te lê nie.

(WENK:  As bogenoemde te moeilik is, probeer ietsie maklikers soos bv. ANEL en LIEF. Dit sal genoeg wees vir jou eerste twee verse. Dan kan jy lostrek met die koor op jou eie manier.)

Doen hierdie oefening totdat jy dit regkry. Hoe meer jy dit doen, hoe meer sal die liedjies begin sin maak.

 

Oefening 2:  Melodie

 

Hierdie is spesiaal vir diegene wat regtig nie ‘n idee het waar om te begin nie.

Skryf ‘n paar woorde neer in die liedjieformaat wat ek vroeër genoem het. Vat dan jou gunsteling liedjie se wysie en sing jou woorde op die bekende wysie.

Kom ons probeer gou met 3 Pikkewyne.

Ek was so lief vir jou

Ek wou met jou trou

Jy was so mooi

Jy het my hart gegooi

Maar nou is jy weg

Ek voel al lank so sleg

Ek wil jou hê

En ek wil jou sê

Ooooooooohhh

Koor:

Jy bly steeds die mooiste gesiggie

Ek skryf steeds vir jou mooi gediggies

Ons kyk saam vir Kaapstad se liggies

Dit is so lekker, ek gaan nooit weer terug nie.

(WENK:  Hierdie liedjie is baie “catchy”, so jou woorde raak vir jou lekker om te sing. Nou vat jy daardie woorde wat jy geskryf het, skeur dit in duisende stukkies, wag so 30 minute en skryf dan neer wat jy onthou van die liedjie.  ONTHOU:  As jy hierdie reël wil toepas moet jy seker maak dat die liedie wat jy gebruik wel twee verse en dan ‘n koor het. Daar is honderde ander liedjieformate wat ek later sal behandel. Vir nou wil ek jou net help om uit die blokke te kom.

Rule of thumb. Gooi die liedjie weg en begin oor. Jy sal net die mooi dele onthou en die oorskryf.” Sean Else

Jy kan dus jou gunsteling Engelse of Afrikaanse liedjies gebruik om jouself te toets.

LET WEL:  Hierdie is net ‘n oefening, so moet asseblief nie die bekende liedjie se wysie net so gebruik en opneem, sonder om die regte van die liedjie te bekom nie. Jy kan in groot moeilikheid kom. Dis nou wanneer die Afrikaanse-Engelsman sal sê… jy pleeg plagiaat.  Hierdie oefening kan wel waardevol wees met die ritme en vorming van die liedjie.

Mense vra my altyd: “Wat kom eerste.  Die liedjie se woorde of die melodie?”

Wat was eerste. Die hoender of die eier?

Hierdie is die liedjieskrywer se keuse en hang van persoon tot persoon af. Party musikante soos Elton John sal net die melodie skryf en ‘n liriekskrywer, sal weer die woorde van die liedjie skryf.  Ander skrywers komponeer die melodie en skryf die woorde self vir ‘n liedjie.  In Suid-Afrika skryf klomp mense soms saam aan ‘n liedjie (melodie en woorde), soos bv Marc Brendon en Don Kelly en ook Sean Else en Johan Vorster.

Oefening 3:  Ritme van jou woorde en melodie

 

Nou weet jy min of meer hoe om woorde in die regte formaat te sit en iets te skryf wat vir jou mooi is. Jy gaan soek toe ‘n pel en sing vir hom so half en half ‘n melodie wat jy in gedagte het vir jou liedjie, en jy wil hê hy moet jou help met ‘n paar chords op die kitaar of klavier of so. Tensy jy ‘n meestersgraad in musiek het, of musiek nou al doen vir ‘n paar jaar, ”KEEP IT SIMPLE”.

Mense wat my CD’s koop is nie musikante nie, hulle is Pikkewyne.” Jakkie Louw

Hier is ‘n goeie tip: drie akoorde is oorgenoeg om ‘n wysie bymekaar te sit vir ‘n liedjie. Selfs twee akoorde kan werk. Onthou dat die luisteraar nie luister hoe musikaal jy is nie. Hy wil net lekker na die liedjie kan luister.

Beautiful in Beaufort-wes het in die eerste helfte van die liedjie net twee akkoorde. A en E.  All along the watchtower van Bob Dylan het net 3 akkoorde reg deur die hele liedjie, en is een van sy grootste treffers.

(WENK: Hoe minder die akkoorde op die woorde val, hoe beter)

“Pak op, pak op

Sit jou goedjies op jou kop.

More gaan ons weg

Ver van hier weg”. David Kramer

Aan die begin gaan dit lekker stupid klink, maar ‘n baba lyk ook lekker deur die mis as hy sy eerste tree gee. Hou net aan oefen. Dit sal regkom, ek belowe.

Kom ons probeer nou hierdie akkoorde met die woorde wat ons in oefening 1 geskryf het.  Ek gaan die tyd wat die akkoord gespeel moet word, reg bo die woord sit. Vanaf daardie woord moet die ritme 1-2-3 gaan.

D

My mooiste drome word nou waar

G

Is ons liefde amper klaar

A

Chardonay vir my en jou

D

Hoor jy my lied ek bly getrou

D

Engele het dit geweet

G

Liefde sal jou hart opvreet

A

Lang jare sal ek jou nog soen

D

En dis wat jy aan my doen

Kan jy al die melodie begin hoor in jou kop? Hierdie klink dalk lekker flou, maar die oefening sal jou uitdaag en regtig die vaardigheid leer van hoe om ritme, woorde en melodie te kombineer. En dis al waaruit ‘n liedjie bestaan.

5
jakkie
deel
twitter

5 Reaksies op Blog 5 oor Liedjieskryf 101 deur Jakkie Louw

  1. Meermin says:

    Ekke kan nie saam skryf nie, het nie ‘n meisie of vrou nie ….

  2. Erna Clunie says:

    Jakkie, ek het iewers gehoor bdat jy opleidingsessies oor liedjie skryf aanbied. Ek is ‘n onderwyseres wat kultuurdinge by die skool reel en dink so n sessie saam mmet jou kan dalk interessant wees. Hoe kan ek jou kontak? Erna 0823902413

  3. Juanita says:

    Ek het al ‘n klompie gedigte – alias liedjies geskryf en sal graag iemand se mening daaroor wil he – ek is nie ‘n sanger nie, maar ek is baie lief vir musiek en dalk net dalk sal iemand eendag een van my liedjies gebruik of selfs ‘n gedeelte daarvan kan gebruik. Hoe kan ek raad op hierdie onderwerp kry?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Innibos is om die draai. Hoe voel jy oor kunstefeeste?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter