Anton Botha keer terug met nuwe CD
Gepos op May 15th, 2012 deur Ja_Broer

Moeilik om te glo, maar “Alles of Niks” is reeds Anton Botha se vierde CD. En die titelsnit wat op ja.fm gehoor kan word is maar een van vele bewyse hoe hierdie CD die luisteraars aangename luistergenot bied.

Dié bedrewe kitaarspeler slyp sy liedjieskryfvernuf blinker en bied hy musiekliefhebbers vyftien oorspronklike nuutskeppinge én ‘n uitklopvertolking van Keith Urban se treffer “You’re my better half,” wat op sy eiesoortige manier verwerk is.

Anton se werk het ‘n opgewekte, byderwetse countrysoom, stewig gestik met drywende rockklanke – én stuitige rock-‘n-roll in die styl van die sestigerjare. Deel van die luisterbekoring is die sinvolle lirieke, Anton se aangename stemkleur en suiwer vertolking van sy leefstorietjies.

Naas die treffende titelsnit, is tussen die ander gunstelinge die snitte “Pienk Cadillac,” “Wat jy aan my doen,” “Tiekieboks” en “Droomland.” Met  vokale regie van Hendré Masser bied Anton ‘n voortreflike album. Want, kom dit by talent en musikale integriteit, gaan dit vir hom oor alles of niks. En Anton bied álles.

0
antonbotha
deel
twitter

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Innibos is om die draai. Hoe voel jy oor kunstefeeste?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter