15 Vrae 15 Minute: Hendri Hofmeyr van One Crown
Gepos op August 20th, 2012 deur Ja_Broer

Ons het Hendri Hofmeyr van One Crown gevra om ‘n tydjie af te knyp vir ons 15 Vrae 15 Minute uitdaging. En ons soektog na ‘n kunstenaar wat mal is oor marmotte kan nou maar ophou.

Het jy enige ritueel of gewoonte voor jy optree en indien ja, wat is dit?

Ek kan nie ophou gaap voor ‘n optrede nie… As ek stres, gaap ek… heavy weird manier om van stres ontslae te raak…

Wat is jou gunsteling handelsmerk in die wêreld?

Gibson… soos my kitaar.

Wat is die mooiste Afrikaanse song ooit?

Sekelmaan – Retief  Burger.

As jy in enige TV reeks kon speel, watter een sou dit wees?

House of Binnelanders… ek dink ek sou ‘n goeie fake Dokter kon wees…

Wie is jou gunsteling superhero?

Spiderman… want hy skiet ‘n tou vanuit sy mou…

Wat laat jou lag?

Politiek… haha… nee ek grap. Dis vir my snaaks as mense skrik.

Op ‘n skaal van 1 tot 10, hoe goed is jy met kosmaak en watter gereg is jy voor bekend?

Verseker ‘n 10… as jy my nie glo nie, kan jy maar net na my pens kyk… my spaghetti is baas!

As jy enige kunstenaar kon kies om ‘n duet mee te doen, wie sou dit wees?

Internasionaal – Mac Powell van Third Day. Local – Riana Nel… haar vocals is buite hierdie wêreld belaglik amazing!

As jy kon teruggaan skool toe, wat sou jy anders doen?

Ek sou minder van ‘n geek traai wees het… maar ek sou seker maar weer ‘n geek wees, so kom ons gaan liewer nie terug nie.

Wat is jou gunsteling film van alle tye?

Happy Gilmore.

Het jy enige troeteldiere en indien ja, wat?

Ja… 2 marmotte… ek’s 25 en ek het 2 marmotte vir troeteldiere… moet my nie judge nie…

Wat is jou gunsteling vakansiebestemming?

Die Kaap… ongetwyfeld.

Voltooi die sin: “Ek dink die wêreld is…”

…rond!!!

Wat bewonder jy die meeste in ander mense?

Ek bewonder mense wat ten spyte van sukses nederig kan bly.

Enige weggesteekte talente waarvan ons moet weet?

Julle wil nie weet nie…

0
hendri_onecrown
deel
twitter

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Innibos is om die draai. Hoe voel jy oor kunstefeeste?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter