15 Vrae 15 Minute: De Wet Kruger van Groot Oom John Tenoor
Gepos op July 4th, 2012 deur Ja_Broer

Hul splinternuwe CD “Sosiaal Gebreek” is nou beskikbaar. Hulle gee nuwe lewe aan “Baby Tjoklits.” Hulle is Groot Oom John Tenoor. Ons het die baskitaarspeler van die band, De Wet Kruger, gevra om ons 15 Vrae 15 Minute Uitdaging te doen.

Het jy enige ritueel of gewoonte voor jy optree en indien ja, wat is dit?

Ek was altyd my hande, sê ‘n gebedjie op en dan kyk ek of ek êrens ‘n Jagermeistertjie in die hande kan kry.

Wat is jou gunsteling handelsmerk in die wêreld?

Is Hunters Dry ‘n handelsmerk?

Wat is die mooiste Afrikaanse song ooit?

Koos Du Plessis se “Gebed.”

As jy in enige TV reeks kon speel, watter een sou dit wees?

Lost, maar nie die episode waar die vliegtuig val nie.

Wie is jou gunsteling superhero?

AB de Villiers, want hy score by verre die meeste. Wat laat jou lag?

Wat laat jou lag?

My Gr. 9’s se wiskundepunte.

Op ‘n skaal van 1 tot 10, hoe goed is jy met kosmaak en watter gereg is jy voor bekend?

3.5 en ek is bekend vir my Avo op toast dis!

As jy enige kunstenaar kon kies om ‘n duet mee te doen, wie sou dit wees?

Ray Dylan.

As jy kon teruggaan skool toe, wat sou jy anders doen?

Ek is ‘n onderwyser so ek is kind of klaar terug skool toe, ek gebruik die geleentheid om als reg te maak wat ek gebreek het.

Wat is jou gunsteling film van alle tye?

The Patriot, met Mel Gibson.

Het jy enige troeteldiere en indien ja, wat?

Nee, net ‘n organiese groentetuintjie. Ek hou van ‘n spit af en toe.

Wat is jou gunsteling vakansiebestemming?

Wild Waters in Boksburg, as jy nog nie daar was nie, gly jou speedo aan en kom maak ‘n duik ;-)

Voltooi die sin: “Ek dink die wêreld is…”

…naïef en gejaag. Mense ag minder belangrike dinge hoër as die meer belangrike dinge en anders om.

Wat bewonder jy die meeste in ander mense?

Mense met geduld.

Enige weggesteekte talente waarvan ons moet weet?

My vriende sê almal ek kan boeke aan blinde mense verkoop. Ek kan baie oortuigend wees :)

3
gojt
deel
twitter

3 Reaksies op 15 Vrae 15 Minute: De Wet Kruger van Groot Oom John Tenoor

  1. Morne says:

    Die manne gaan dit nog ver bring hou hulle dop die klank is vars en nuut

  2. hannes6 says:

    Wel gedaan!!! Luister ek nou heerlik Afrikaanse musiek hier in Afghanistan,voel sommer stukke beter!!! Thanks Ja Fm

  3. Nicky says:

    Ja, maar graad 9′s vang nie wiskunde nie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Watter treffer van Jay is jou gunsteling?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter