15 Vrae 15 Minute: Bobby van Jaarsveld
Gepos op April 19th, 2012 deur Ja_Broer

SAMA-wenner. Ghoema-wenner. Jacaranda 94.2 World Cup Of Music-wenner. Pa. Hartebreker. Cosmo Man van die Jaar. Nice ou. Noem hom wat jy wil, maar almal smaak vir Bobby. Dit wil amper voorkom of hy dit dalk te maklik het. So, kom ons sit hom bietjie onder druk. Tyd vir die 15 Vrae 15 Minute uitdaging meneer Van Jaarsveld.

Het jy enige ritueel of gewoonte voor jy optree en indien ja, wat is dit?

Ek gaan soek ‘n stil plekkie, soos die badkamer, sak op my knieë en bid.

Wat is jou gunsteling handelsmerk in die wêreld?

Apple.

Wat is die mooiste Afrikaanse song ooit?

Ek sal nie bang wees nie – Joe Niemand.

As jy in enige TV reeks kon speel, watter een sou dit wees?

CSI Miami.

Wie is jou gunsteling superhero?

My pa.

Wat laat jou lag?

As mense val (weet dis lelik, maar ek kan nie help nie.)

Op ‘n skaal van 1 tot 10, hoe goed is jy met kosmaak en watter gereg is jy voor bekend?

So 7. Ek maak ’n mean toast broodjie.

As jy enige kunstenaar kon kies om ‘n duet mee te doen, wie sou dit wees?

My suster Karlien.

As jy kon teruggaan skool toe, wat sou jy anders doen?

Meer gespeel en kind gewees het.

Wat is jou gunsteling film van alle tye?

Grown-ups.

Het jy enige troeteldiere en indien ja, wat?

Ja ’n hond wat ek Isadrol noem omdat sy orals poef.

Wat is jou gunsteling vakansiebestemming?

Sodwana.

Voltooi die sin: “Ek dink die wêreld is…”

…wat jy daarvan maak.

Wat bewonder jy die meeste in ander mense?

Hulle “out-going” persoonlikhede.

Enige weggesteekte talente waarvan ons moet weet?

Dis weggesteek. Mag nie sê nie…

0
Bobby
deel
twitter

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>



«


Teken In
Flash Player Windows Media Player


Wat dink jy?
Wat laat jou 'n tydskrif koop?
Kategorieë

Argiewe
Facebook

Twitter